Skip to content
PRIMêRE SKOOL NIKO BRUMMER
BEAUFORT-WES
VISIE
Die visie van die Primêre Skool Niko Brummer is om voortreflike, kwaliteit-onderwys met ‘n sterk waardegedrewe karakter te verskaf. Om vir elke leerder die maksimum geleenthede te skep met die leiding, bydrae en ondersteuning van ons hele skoolgemeenskap en die leerders so tot hulle volle potensiaal te laat ontwikkel.
MISSIE / DOELSTELLINGS
Dit is Primêre Skool Niko Brummer se doel/missie:
- om sy leerders holisties só op te voed dat hulle mense sal wees wat hulle plek volledig in die samelewing daarbuite sal kan volstaan en dit dan ook in hulle positiewe lewensuitkyk weerspieel sal word;
- om die waarde van eerlikheid, verantwoordelikheid, uitnemendheid, lojaliteit en die waarde van respek vir ander en hul eiendom asook hulself, deel van die leerders se leefwyse te maak;
- om deur deeglike onderrig leerders te lei om akademies hul volle potensiaal te verwesenlik;
- om leerders te begelei tot die ontwikkeling van ‘n gesonde liggaam en gees deur deelname aan die skool se sport en kulturele aktiwiteite;
- om die deugde van netheid, dissipline, selfdissipline en verantwoordelikheidsin in te skerp;
- om ‘n liefde vir die eie kultuur en ‘n vaderlandsliefde in te skerp, maar ook om ander se standpunte en gebruike te erken en te eerbiedig;
- om as vennote in die opvoedingstaak met die ouers saam te werk in belang van al die leerders;
- om ‘n klimaat te skep waarin opvoeder en leerder geluk, tevredenheid en sekuriteit kan ervaar;
- om elke opvoeder in staat te stel om die professionaliteit van sy/haar beroep op ‘n waardige wyse uit te leef.